Die Skool vir Regspraktyk: Vrystaat is ’n projek van die LSSA:L.E.A.D. (Legal Education and Development van die Law Society of South Africa) wat deur die Prokureursorde van die Vrystaat te Zastronstraat 139, Bloemfontein, gehuisves word. Die Skool maak deels gebruik van die Universiteit van die Vrystaat se administratiewe stelsels en geniet erkenning van die Fakulteit Regsgeleerdheid deurdat, onder andere, die opleidingsprogram as ’n module vir die LL.M.-graad erken word.
Die doel van die Skool is om toekomstige regspraktisyns toe te rus met die nodige vaardighede deur die verskaffing van praktykgerigte onderrig aan nagraadse regstudente.
Die ses maande kursus, word twee maal per jaar aangebied, waartydens onderrig verskaf word in onder andere, siviele praktyk, strafhofpraktyk, menseregte, professionele gedrag, kommersiële praktyk, rekeningkunde en praktyksbestuur.
Skynhowe en praktiese werk vorm die grondslag van opleidingsaktiwiteite waartydens pleitstukke uitgeruil word en onderrig verskaf word in die opstel daarvan.
Onderrig d.m.v moderne tegnologie word in beide Afrikaans en Engels verskaf.
PERSONEEL
Direkteur: Mnr WJJ Spangenberg
Administratiewe Koördineerder: Mev MM vd Westhuizen
|
KONTAKBESONDERHEDE
|
|
Tel: (051) 401 2408 na 14:00 Maandae tot Donderdae
Sel: 0824145358
Faks: (051) 401 2408
E-pos: vdwestm.rd@ufs.ac.za
POSADRES
Skool vir Regspraktyk
Posbus 339
Universiteit van die Vrystaat
Bloemfontein
9300
|
|