Tuis Kontak Ons Web uitleg
Kategorie:
Sleutelwoord:
 Fakulteit Tuisblad
 Dekaanskantoor
  Departemente
  Sentrums en Eenhede
  Personeel en dissiplines
  Navorsingsprojekte
  Nuus en gebeure
  Dokumente
  Kalender
  Kontak ons
 Hoogste Hof van Appèl
 Hooggeregshof: Vrystaat
  Vakkundige Tydskrifte
  Gewilde publikasies
  Collegium Iurisprudentium
 Sentrum Vir Finansiële Beplanningsreg
  Skool vir regspraktyk: Vrystaat
 Regsdosente-vereniging van Suidelike Afrika
  Internasionalisering
  Loopbaan-geleenthede
  Finansiële Steun
 Etiese Kodes
 Skynhowe
 Juridiese Vereniging
  Akademiese leerprogramme
 e-Leer
 Kredietdraende en Nie-kredietdraende
Druk
Nuus en gebeure

KOVSILEX

Nuusblad van Die Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van die Vrystaat

2009-2, 2009-1, 2008, 2007-2, 2007-1, 2006-2, 2006-1, 2005-3, 2005-2, 2005-1, 2004-2,2004-1, 2003, 2002, 2001, 2000


Fakulteitsnuus

 

Op 9 Oktober 2009 het die bemarkingspan van die Fakulteit Regsgeleerdheid ‘n “brunch” vir die top derde- en vierdejaarstudente aangebied om die belangrikheid van navorsing en nagraadse studies te beklemtoon.  Appèlregter Fritz Brand het ‘n baie interessante en insiggewende motiveringstoespraak gelewer oor navorsing.

Hierdie geleentheid het plaasgevind op “De Oude Kraal Country Estate” en is ook deur van die sentrum- en departementshoofde bygewoon.  Dit word beplan om hierdie ‘n jaarlikse instelling te maak om die bemarking van die fakulteit se nagraadse programme te bevorder.

Hesma word erken vir voortreflike diens

Hesma van Tonder, van ons Afdeling: Biblioteek- en Inligtingsdiens het in Mei 2010 die Pro Facultate Legum-toekenning van ons Fakulteit Regsgeleerdheid ontvang. Hesma werk as inligtingsbeampte vir hierdie fakulteit. Die toekenning gee erkenning aan haar vir sewe jaar van voortreflike diens aan dié fakulteit. Dit is die eerste keer dat hierdie toekenning gegee word en dit is ingestel om uitstaande diens aan ons Fakulteit Regsgeleerdheid te erken.
– Leana Coetzee

Prof. Johan Henning, Dekaan van ons Fakulteit Regsgeleerdheid oorhandig die toekenning aan Hesma.

UV regskenners publiseer unieke vertaling van miskende kernbron oor vennootskapsreg

Tydens die bekendstelling van die publikasie was van links: Prof. Boelie Wessels (senior dosent aan die UV se Fakulteit Regsgeleerdheid), prof. Frederick Fourie (Rektor en Visekanselier van die UV), prof. Johan Henning (Dekaan: Fakulteit Regsgeleerdheid aan die UV) en adv. Jaco de Bruin (senior dosent aan die UV se Fakulteit Regsgeleerdheid). Prof. Wessels het die verhandeling van gekorrupteerde Middeleeuse Regslatyn na Engels vertaal, prof. Henning is die leidende outeur en inisieerder van die publikasie en adv. De Bruin het gehelp met die proefleeswerk en redigering. Foto: Stephen Collett

 

Die Sentrum vir Ondernemingsreg van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het ‘n lank miskende Romeins-Hollandse kenbron van die vennootskapsreg, wat terugdateer na 1666, uit Latyn in Engels vertaal en so pas gepubliseer.

Die boek Tractatus de Societate (A Treatise on the Law of Partnership), deur Felicius en Boxelius is gepubliseer as Volume 40 in die navorsingsreeks Mededelings van die Sentrum vir Ondernemingsreg/Transactions of the Centre for Business Law. Dit is die eerste vertaling van die Romeins-Hollandse kenbron in Engels en bevat ’n uiters omvattende bespreking van die Suid-Afrikaanse gemene reg rakende vennootskappe.

“Behalwe die verskeie kort bepalinge wat vir ‘n spesifieke doel diverse kwessies soos insolvensie aanspreek, is daar geen omvattende vennootskapswetgewing in Suid-Afrika nie. Die Suid-Afrikaanse vennootskapsreg bestaan hoofsaaklik uit Suid-Afrikaanse gemene reg, wat weer hoofsaaklik uit die Romeins-Hollandse stam,” sê prof. Johan Henning, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die UV. Prof. Henning is ook die leidende outeur en inisieerder van hierdie omvattende publikasie.

“Lande soos Amerika, Engeland en Nederland het omvattende vennootskapswette en het reeds, of is in die proses om, nuwe en moderne vennootskapswette saam te stel wat in lyn is met internasionale tendense, praktyke en handelsgebruike,” sê prof. Henning.

“In Suid-Afrika sluit die mees onlangse beleidsdokument oor regshervorming wat deur die Departement van Handel en Nywerheid uitgereik is, egter die vennootskapsreg uit van die huidige hervorming van die maatskappyereg,” sê prof. Henning.

“Indien daar nie ‘n politieke wil is om die nodige geldelike en ander bronne toe te wys vir ‘n omvattende program vir die hersiening van ons verouderde die vennootskapsreg nie, is dit ongelukkig ‘n praktiese realiteit dat Suid-Afrika nie in die nabye toekoms ’n moderne vennootskapswet sal kry nie,” sê prof. Henning.

Volgens prof. Henning het Suid-Afrikaanse howe van meet af gemeenregtelike vennootskapsregtelike kernbronne as bindende gesag gebruik. “Die Engelse Partnership Act van 1890 is daarenteen nie bindend nie en Engelse handboeke moet dus met groot versigtigheid benader word,” sê prof. Henning.

“Die gesagsbron wat dikwels deur Suid-Afrikaanse howe gebruik is, is die handboek van Pothier, ‘n Fransman. Sy verhandeling oor die vennootskapreg is in Engels vertaal en is aan die einde van die agtiende eeu ook as ’n belangrike bron in Nederland beskou,” sê prof. Henning.

“Sy opinies kan nie egter nie deurgaans as geldig beskou word vir die Romeins-Hollandse vennootskapsreg nie, want dit het nie betrekking gehad op die provinsie Holland van Nederland as sodanig nie en dit maak soms staat op Franse stadsregte en wetgewing as gesag,” sê prof. Henning.

Om hierdie rede het die Sentrum vir Ondernemingsreg aan die UV besluit om weer eens aandag te gee aan die betekenis van die omvattende verhandeling van Felicius en Boxelius oor die Romeins-Hollandse vennootskapsreg. Felicius was ’n Italiaanse en Boxelius ’n Nederlandse regsgeleerde.

Hierdie lank miskende bron van die gemeenregtelike vennootskapsreg is in 1666 te Gorkum in Nederland gepubliseer. “’n Beduidende aantal Romeins-Hollandse kenbronne en gesaghebbende skrywers het op hierdie verhandeling vertrou en daarna verwys,” sê prof. Henning.

Die vertaling na Engels van die verhandeling van gekorrupteerde Middeleeuse Regslatyn is hoofsaaklik gedoen deur prof. Boelie Wessels, welbekende kundige op die gebied van die Romeinse Reg en senior dosent aan die UV se Fakulteit Regsgeleerdheid. Prof. Wessels, wat 15 grade het, het tien jaar aan die vertaling van die verhandeling gewerk. Die proefleeswerk en redigering is gedoen deur prof. Henning en adv. Jaco de Bruin, ’n senior dosent aan die UV se Fakulteit Regsgeleerdheid.

“Ons wil graag hê dat die howe Volume 40 in die navorsingsreeks Mededelings van die Sentrum vir Ondernemingsreg/Transactions of the Centre for Business Law as die verwysingsbron sal gebruik wanneer sake waar die beginsels van die vennootskapsreg ter sprake is, verhoor word,” sê prof. Henning.

Die eerste gedeelte van die publikasie bestaan uit geselekteerde perspektiewe oor die historiese betekenis van die verhandeling en die tweede uit ‘n vertaling van geselekteerde uittreksels. “Ons is van plan dit op te volg met ‘n publikasie van ‘n beperkte opgawe van ‘n volledige vertaling van die verhandeling,” sê prof. Henning.

Altesaam 400 kopieë van die publikasie gaan aan howe en biblioteke, insluitend die Appèlhof en die hooggeregshowe, gestuur word.

Mediaverklaring
Uitgereik deur: Lacea Loader
Mediawoordvoerder
Tel: (051) 401-2584
Sel: 083 645 2454
E-pos: loaderl.stg@mail.uovs.ac.za
21 Junie 2006

 
 
 
 

Geweldsmisdade bespreek
Simposium Oor Geweldsmisdaad In Suid-Afrika
 

Tydens ‘n symposium oor geweldsmisdaad aangebied deur die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit van die Vrystaat is verskeie probleemareas, maar ook oplossings, geïdentifiseer. Die simposium is op 7 Maart 2007 by diè universiteit onder voorsitterskap van Edeles FDJ Brand (Appélregter) en SPB Hancke (Waarnemende Appélregter) aangebied.

Mnr Mathews Phosa het daarop gewys dat daar ‘n behoefte aan groter samewerking tussen die verskillende rolspelers is. Hy is verder van mening dat ‘n herbeskouing van die geregtelike struktuur nodig is om geregsdienaars in staat te stel om hulle werk te doen sonder dat skuiwergate vir misdadigers geskep word. Hy het dit beklemtoon dat die privaatsektor ‘n belangrike rol te speel het in die stryd teen misdaad.

Die persepsie bestaan dat die toename in misdaad toegeskryf kan word aan die Grondwet wat te veel regte aan die misdadiger gee; te ligte strawwe deur die howe en die stelsels van borgtog en parool; en ook dat die doodstraf as afskrikmiddel gedien het.

Regter Nathan Erasmus (Geregtelike Inspektoraat van Gevangenisse) het dit duidelik gestel dat in vonnisoplegging die belang van die gemeenskap, die misdaad en die misdadiger self in ag geneem word. Die vraag is of die gemeenskap wil hê dat wraak, voorkoming of rehabilitasie of ‘n integrasie van hierdie doelwitte in ‘n vonnis weerspieël moet word. Hy sê dat die misdadiger moet nie net seker wees dat hy gevonnis gaan word nie, maar dat misdade inderdaad opgespoor, nagespeur en vervolg sal word. Maar waardering vir vryheid en respek vir menslike waardes moet ook ontwikkel. Vonnisoplegging is slegs een van die aspekte wat die probleem rondom misdaad aanspreek. Daarmee saam kan nie gesê word dat die doodstaf as sulks ‘n baie suksesvolle afskikkingsmiddel was nie.

Volgens dr Leon Wessels, Nasionale Kommissaris van die Mensregte-Kommissie, moet die staat die voorbeeld stel deur die reg op lewe en die reg op menswaardigheid te respekteer, ook die reg van die misdadiger op lewe en waardigheid. Die doodstraf moet nie opgelê word uit wraak of politieke oortuiginge nie. Die regstelsel moet ‘n billike en regverdige verhoor verseker.

Die Fakulteit Regsgeleerdheid het met hierdie simposium ‘n eerste stap geneem om rolspelers en die publiek by mekaar te bring en gaan dit opvolg met verdere werkwinkels en simposia. Die Fakulteit gaan ook poog om ‘n groter rol te speel in die stryd teen misdaad deur onder meer betrokke te raak in multi-diisiplinêre opleiding deur die stigting van ‘n Instituut vir Geregtelike Uitnemendheid.

Ander sprekers was:

Adv André du Toit SC (Waarnemende Direkteur, Openbare Vervolging, Vrystaat) (Laai dokument af) – Aard, omvang en erns van misdaad

Prof Dap Louw (Senior-professor, Sielkunde, Universityeit van die Vrystaat) – Oorsake van misdaad

Mnr Roelf Meyer (Voormalige Minister van Grondwetsake, tans sakeman en Voorsitter van die Civil Society Initiative) – Die Grondwet en misdaad

Mnr Kiewiet Ferreira (Sameroeper: Wet en orde, AGRISA) (Laai dokument af) – Die effek van misdaad

Adjunk-Kommissaris André Pruis (Nasionale Adjunk-Kommissaris: Operasionele Dienste, SAPD) – Moontlike oplossings

 
 

Besoekende Professore

  • Professor Fletcher Baldwin, “Chesterfield Smith Professor of Law” en “Director, Centre for International Financial Crimes Studies”, Universiteit van Florida, VSA, sal ons Fakulteit vanaf 16 tot 29 Julie 2007 vir twee weke besoek.

  • Prof BAK Rider, Ere-professor in die Departement Handelsreg van die Fakulteit Regsgeleerdheid, se jaarlikse lesing-besoek aan die fakulteit vind plaas vanaf Sondag 22 Julie tot Vrydag 27 Julie 2007.
   

Konferensie oor mensehandel

Die Eenheid vir Kinderregte bied op 17 Augustus 2007 op die UV-kampus ‘n nasionale konferensie aan waarby die leidende plaaslike rolspelers by die bekamping van mensehandel as sprekers betrokke is.

University of the Free State - Faculty of Law

Department of Criminal & Medical Law

Unit for Children’s Rights – Trafficking Initiative

Presents a National Conference on Trafficking in Human Beings

17 AUGUST 2007

CONFERENCE THEME:

NATIONAL & INTERNATIONAL PERSPECTIVES

ON

TRAFFICKING IN HUMAN BEINGS

The Unit for Children’s Rights Trafficking Initiative hosted a conference on Trafficking in Human Beings: National and International Perspectives on August 17th at the CR Swart Auditorium.

Two hundred representatives from all relevant stakeholders, including academic institutions, the National Prosecuting Authority, the South African Police Service/Scorpions, governmental organizations and departments, NGOs and others from around the country assembled for the all day conference. Representatives were also present from Lesotho, Mozambique, Zimbabwe and UNESCO.

The purpose of the conference was two-fold: to raise awareness among the public and the professionals working with these cases, as well as our law students, and; to encourage further research on this topic. Adv Beatri Kruger convened the conference and gave opening remarks, followed by presentations from Prof. Susan Kreston with the Unit for Children’s Rights on A Global Overview of Trafficking, and Wiesje Zikkenheiner with the United Nations Office on Drugs & Crime, who spoke on the Role of Organized Crime in Trafficking. Other speakers included Marija Nikolovska, with the International Organization for Migration, discussing Identifying and Assisting Victims of Trafficking and Dawood Adams, from the South African Witness Protection Program, who addressed The Role of Witness Protection in Trafficking Prosecutions. The topic of Prosecuting Trafficking Without Trafficking Laws was handled by Nolwandle Qaba, from the Sexual Offences & Community Affairs Unit of the National Prosecuting Authority, followed by Lowesa Stuurman from the South African Law Reform Commission focusing on Recommendations for New Legislation in South Africa. The final two speakers represented NGOs who work with children who are victims of trafficking. Judith Mthombeni from Pretoria spoke on The Role of Terre Des Homes in Fighting Trafficking in Children and Patric Solomons with Molo Songololo in Cape Town presented on Trafficking in Children in South Africa – A Front Line Perspective. The closing remarks were made by Prof Hennie Oosthuizen, Head of the Department of Criminal & Medical Law.

The conference was funded through the US Department of State and held in conjunction with the Centre for Continuing Education. The conference was also a national precursor to a regional conference on Trafficking in Human Beings to be held in Mozambique later this year.

 

Name: Voor van links na regs: Marija Nikolovska (IOM), Judith Mthombeni (Terre Des Homes), Susan Kreston (Unit for Children’s Rights) and Prof. Hennie Oosthuizen (Head of the Department of Criminal & Medical Law).

Agter: Wiesje Zikkenheiner (United Nations Office on Drugs and Crimes), Dawood Adams ( (South African Witness Protection Program), Lowesa Stuurman (South African Law Reform Commission), Nolwandle Qaba (Sexual Offences & Community Affairs Unit of the National Prosecuting Authority), Adv. Beatri Kruger (Unit for Children’s Rights and Covener) and Patric Solomons (Molo Songololo).

Die Departement Handelsreg – 40 jaar

Die Departement Handelsreg, wat op 1 Januarie 1968 tot stand gekom het, vier vanjaar die 40e jaar van hul bestaan as afsonderlike departement in die Fakulteit Regsgeleerdheid. 

In die 40 jaar was daar vier departementshoofde, naamlik Proff Stef Naudé, Wessie van der Westhuizen, Voet du Plessis en Johan Henning.  Proff Henning en du Plessis is tans nog aan die Fakulteit verbonde – prof Henning as Dekaan en prof du Plessis as Hoof van die Departement Handelsreg. 

Van ‘n klein begin van een professor en een lektor, met verdere hulp van deeltydse advokaat-dosente, het die departement gegroei tot drie professore, een mede-professor, twee senior-lektore, vyf lektore en drie tydelik/deeltydse dosente.

Die beoogde feestelikheid bestaan uit die volgende:

(a)  Twee intreeredes

14 Augustus 2008: Appèlregter Harms wat as Buitengewone Professor in die departement aangestel is; en

9 September 2008: Prof Elizabeth Snyman-Van Deventer – die eerste vrou wat as professor in die Fakulteit Regsgeleerdheid aangestel is.

(b)  Feesdinee op Woensdag 13 Augustus 2008.

Daar word gepoog om alle oud-dosente wat aan die departement verbonde was, as eregaste by die dinee te kry.  Die eerste departementshoof, prof. Naudé, het reeds aangedui dat hulle die geleentheid (en die intreerede) gaan bywoon.

(c)  ‘n Feeslogo is ook ontwerp en sal op alle dokumente, programmme, sakwapens, truie en serpe van die department verskyn.

 


 

 

Meer nuus
Hoofnuus
Prof Neethling sluit by fakulteit aan
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het vir prof. Johann Neethling as ’n senior professor in die Fakulteit Regsgeleerdheid aangestel.
Lees Meer

Nuus

Nuusargief
Publikasies
Nuusbriewe
Kamera op Kampus
Darwin-potgooie

Kalender

Eksamenrooster
Kunstedagboek
MBA Gassprekers
Semesterdatums
Gradeplegtigheid
Kopiereg © 2010, Terme en voorwaardes , Privaatheidsbeleid . Ontwikkel deur IKT-dienste .0.81 sec