| Collegium Iurisprudentium
|
Collegium Iurisprudentium
Inleiding
Die doel van die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit van die Vrystaat is om die kwaliteit van sy aktiwiteite voortdurend te verbeter. Daarom streef dié fakulteit daarna om oorvloedige geleenthede vir sy personeel en studente te verseker om sodoende op hoogte te bly van regsvrae wat spruit uit die statutêre milieu en sosio-ekonomiese orde in Suid-Afrika wat deur voortdurende verandering gekenmerk word. Dit word bewerkstellig deur te put uit die kundigheid en ervaring van die buitengewone en ereprofessore wat almal diep spore getrap het in verskeie sfere van die regspraktyk, hetsy as akademici, praktisyns of regters.
Doel
Die Collegium Iurisprudentium is die eksterne adviespaneel van die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit van die Vrystaat. Die doel daarvan is om advies te gee oor die ontwikkeling van programme, modules of dissiplines; oor nuwe programme, modules of dissiplines; en oor die hersiening van bestaande programme, modules en dissiplines. Verder wil die adviespaneel verseker dat relevante skakels gemaak word met die gemeenskappe wat die kursusportefeulje van die Universiteit besiel. Die Collegium Iurisprudentium kan ook geleenthede skep vir plasings in die bedryf, personeelkonsultasie en die ontwikkeling van toegepaste navorsing.
Samestelling
- Al die buitengewone en ereprofessore van die Fakulteit Regsgeleerdheid, asook die Dekaan van Regte, is ex officio-lede van die Collegium Iurisprudentium.
- Voorsitter: ’n Buitengewone of ereprofessor van die Fakulteit aangestel deur die Dekaan van Regte na beraadslaging met die lede van die Collegium Iurisprudentium.
- Sekretaris: Die Fakulteitsbestuurder van die Fakulteit Regsgeleerdheid.
Opdrag
Om advies aan die Fakulteit te gee oor -
- alle aspekte rakende die kwaliteit van sy aktiwiteite;
- die kursusse en eenhede wat deur die Fakulteit onderrig word, insluitend die ontwikkeling van nuwe kursusse of eenhede;
- onderrig en leer, insluitend onderrig en leer deur van aanlyn-, afstandsonderrig of buigbare leweringsmetodes gebruik te maak;
- die vaardighede, kennis en houdings wat verlang word deur die werkgewers van gegradueerdes wat die Skool se kursusse of eenhede voltooi het;
- navorsing, insluitend geleenthede om navorsingsbefondsing te verkry;
- die Fakulteit se ontwikkeling van die dissiplines wat in die Fakulteit omvat word;
- professionele skakels en plasings in die bedryf;
- konsultasiegeleenthede;
- enige ander sake wat die Dekaan van Regte as toepaslik beskou.
President
Sy Edele Regter JJF Hefer (SC) [B.A., LL.B. (UOVS), LL.M. (cum laude) (Unisa), LL.D. (Honoris Causa) (UFS)], voormalige Waarnemende Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika.
Lede
Handelsreg
Ereprofessor:
Prof BAK Rider [LL.B. (Honours) (London), Ph.D. (Law) (London), Ph.D. (Law) (Cantab), LL.D. (Honoris Causa) (Dickinson), LL.D. (Honoris Causa) (UV)]
Buitengewone professore:
Sy Edele Appèlregter LTC Harms [B.A. Regte (cum laude), LL.B. (cum laude)], Visepresident van die Hoogste Hof van Appèl van Suid-Afrika
Prof MM Katz [B.Com., LL.B. (Wits), LL.M. (Harvard)], Prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika
Privaatreg
Ereprofessor:
Sy Edele Appèlregter JJF Hefer (SC) [B.A., LL.B. (UOVS), LL.M. (cum laude) (Unisa), LL.D. (Honoris Causa) (UV), voormalige Waarnemende Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika
Buitengewone professore:
Sy Edele Appèlregter FDJ Brand (SC) [B.A., LL.B., LL.M. (cum laude) (US)], Regter van die Hoogste Hof van Appèl van Suid-Afrika
Prof W van der Westhuizen [B.Iur., LL.B. (PU vir CHO), CTL (Unisa)], Prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika
Straf- en Geneeskundige reg
Buitengewone professore:
Haar Edele Appèlregter BJ van Heerden [Baccalaureus Artium (magna cum laude) (US), Legum Baccalaureus (LL.B.) (magna cum laude) (US)], Baccalaureus Artium, Honours School of Jurisprudence, Magister Artium (Oxon), Regter van die Hoogste Hof van Appèl van Suid-Afrika
Sy Edele Regter SPB Hancke (SC) [B.Com., LL.B. (UOVS), Hon. FSALS], Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Vrystaat)
Prof T Verschoor [B.Iur., LL.B., LL.D. (Pret), Advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika
Prosesreg en Bewysleer
Buitengewone professor:
Sy Edele Regter SPB Hancke (SC) [B.Com., LL.B. (UOVS), Hon. FSALS], Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Vrystaat)
Romeinse reg, regsgeskiedenis en regsvergelyking
Buitengewone professore:
Sy Edele Appèlregter IG Farlam (SC) [B.A., LL.B. (UCT)], Regter van die Hoogste Hof van Appèl van Suid-Afrika
Sy Edele Regter A Kruger (SC) [B.A., LL.B. (US), Drs. Jur. (cum laude), Dr. Jur. (Leiden)], Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Vrystaat)
Sy Edele Regter DH van Zyl (SC) [B.A., LL.B., M.A. (Pret), Dr. Jur. (Leiden), Ph.D., LL.D. (UCT), D.Litt. (UOVS)], Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Kaap)
Staatsreg en Regsfilosofie
Buitengewone professor:
Prof RJ Cook [A.B. (Columbia), M.A. (Tufts) M.P.A. (Harvard), J.D. (Georgetown), LL.M. (Columbia), J.S.D. (Columbia)], Attorney at Law Washington D.C. Bar
Navorsingseenheid vir Ernstige Ekonomiese Misdaad
Buitengewone professor:
Adv. J Lubbe (SC) [B.Iur. (UOVS), LL.B. (Unisa), Advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika
|
|
|
| Hoofnuus |
|
|
 |
|